Monday 13 August 2012

Danie Epos nr 21: 13 Augustus 2012

Geagte ouers.

Jammer vir die chaos met vanoggend se epos! Ek weet nie wat het gebeur nie! Baie eposse het terug gekom, ander het weer geen bylaag – ek hoop u het nou almal die finansiële staat darem na alles onder oë gehad. 

    1.   STAATSTEATERKAARTJIES

Die kaartjies se gelde wat teen Woensdag inbetaal is, is bespreek.  Indien u nog moreoggend teen 8:00 vir my die kontant kan stuur, kan ek u nog help, maar daarna, glad nie meer nie (GEEN tjeks of inbetalings kan meer gedoen word nie).  Dan haal ek ook al die kaartjies wat nie betaal is nie af.

     2.   OPGEDATEERDE OEFENPROGRAM & OPTREDES

Die opgedateerde jaarprogram en optreelys is hierby aangeheg.  Hierdie is maar ‘n moeilike en vol week.  Ons werk volgens die tye soos op die Jaarprogram aangedui.

     3.   AMPTELIKE FOTO 2012

Ons gaan Donderdag na afloop van die etensuurkonsert ons foto by UNISA neem.  Orkeslede moet sakgeld saamneem sodat hul vir hulle iets ligs te ete kan koop.

     4.   SPUR-SONDAG

Ons het Sondag weer SPUR-Sondag.  Orkeslede sal Dinsdag hul name invul.  Die fondse is te bate van ons SA’s uitgawes soos etes ens. 

Bring u vriende en familie en kom ondersteun ons asseblief!!

    5.   GALA-AAND

5.1      U sal op die lys merk dat ek reeds die ideaal van 20 kaartjies per gesin (soos op die oueraand bespreek) aangedui het.  Indien elke orkeslid sy/haar 20 kaartjies verkoop, is die ouditorium van 1000 sitplekke uitverkoop.  Dit moet ons ideaal wees om so naby as moontlik daaraan te kom.

         5.2    Onthou asb om u inbetalingsbewyse na Nana Cilliers te epos om besprekings te kan doen.

     6.   FINANSIESLYS

Ek hoop u het almal die lys vanoggend ontvang.  Dis was maar ‘n groot gesukkel om dit uit te kry!!  Laat weet asseblief indien daar nog foute op is!  Ek het al baie navrae gekry en elkeen was as gevolg van ‘n verkeerde verwysing.  Maak asseblief seker dat u gelde korrek is.

Ek wil weereens ‘n dringende beroep op u doen vir die uitstaande etegelde.  Stuur asseblief vir my hierdie uitstaande geld dringend in ‘n koevert sodat ons die ouers wat die kos uit hul sakke koop, kan terugbetaal.

[Hier volg die opvolg epos van Danie wat ek hier aangelas het -Ed]

7.   EMPANGENI UITEET SPYSKAARTE


Hier is die spyskaarte soos wat Carin Hartzenberg dit met u bespreek het.  Hierdie uiteet is direk na afloop van die kompetisie te Empangeni.

    1.      Kyk asseblief daarna en bespreek wat u as gesin sal wil eet.
    2.      Onthou om vir u orkeslid-kind ook te bespreek.
    3.      Epos dan u gesin se bestelling na Carin soos wat sy dit in die aangehegte brief   
         uiteengesit het.
    4.    Moet asseblief NIE u kind hiervoor uit die groep haal om by ‘n ander plek te        gaan eet of kuier nie. 

     
     Groete!

Danie








D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755











No comments:

Post a Comment