Geagte
ouers.
Jammer
vir die chaos met vanoggend se epos! Ek weet nie wat het gebeur nie! Baie
eposse het terug gekom, ander het weer geen bylaag – ek hoop u het nou almal
die finansiële staat darem na alles onder oë gehad.
1. STAATSTEATERKAARTJIES
Die
kaartjies se gelde wat teen Woensdag inbetaal is, is bespreek. Indien u
nog moreoggend teen 8:00 vir my die kontant kan stuur, kan ek u nog help, maar
daarna, glad nie meer nie (GEEN tjeks of
inbetalings kan meer gedoen word nie). Dan haal ek ook al
die kaartjies wat nie betaal is nie af.
2. OPGEDATEERDE
OEFENPROGRAM & OPTREDES
Die
opgedateerde jaarprogram en optreelys is hierby aangeheg. Hierdie is maar
‘n moeilike en vol week. Ons werk volgens die tye soos op die Jaarprogram
aangedui.
3. AMPTELIKE
FOTO 2012
Ons
gaan Donderdag na afloop van die etensuurkonsert ons foto by UNISA neem.
Orkeslede moet sakgeld saamneem sodat hul vir hulle iets ligs te ete kan koop.
4. SPUR-SONDAG
Ons
het Sondag weer SPUR-Sondag. Orkeslede sal Dinsdag hul name invul.
Die fondse is te bate van ons SA’s uitgawes soos etes ens.
Bring
u vriende en familie en kom ondersteun ons asseblief!!
5. GALA-AAND
5.1 U sal op die lys merk dat ek reeds die ideaal van 20 kaartjies per gesin (soos
op die oueraand bespreek) aangedui het. Indien elke orkeslid sy/haar 20
kaartjies verkoop, is die ouditorium van 1000 sitplekke uitverkoop. Dit
moet ons ideaal wees om so naby as moontlik daaraan te kom.
5.2 Onthou asb om u inbetalingsbewyse na Nana Cilliers te epos om besprekings te kan doen.
6. FINANSIESLYS
Ek
hoop u het almal die lys vanoggend ontvang. Dis was maar ‘n groot
gesukkel om dit uit te kry!! Laat weet asseblief indien daar nog foute op
is! Ek het al baie navrae gekry en elkeen was as gevolg van ‘n verkeerde
verwysing. Maak asseblief seker dat u gelde korrek is.
Ek
wil weereens ‘n dringende beroep op u doen vir die uitstaande etegelde.
Stuur asseblief vir my hierdie uitstaande geld dringend in ‘n koevert sodat ons
die ouers wat die kos uit hul sakke koop, kan terugbetaal.
[
Hier volg die opvolg epos van Danie wat ek hier aangelas het -Ed]
7. EMPANGENI UITEET SPYSKAARTE
Hier
is die spyskaarte soos wat Carin Hartzenberg dit met u bespreek het.
Hierdie uiteet is direk na afloop van die kompetisie te Empangeni.
1.
Kyk
asseblief daarna en bespreek wat u as gesin sal wil eet.
2.
Onthou
om vir u orkeslid-kind ook te bespreek.
3.
Epos
dan u gesin se bestelling na Carin soos wat sy dit in die aangehegte brief
uiteengesit het.
4. Moet
asseblief NIE u kind hiervoor uit die groep haal om by ‘n ander plek te gaan
eet of kuier nie.
Groete!
Danie
D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer: 082 853 8698
Telefoonnommer (skool): 012 – 347 0277 X 130
Faksnommer: 086 512 8755