Tuesday 26 May 2015

Klofie-orkes speel Led Zeppelin by Heuwelsig Aftree Oord en kry staande applous - asook Encore

Die orkes het vandag by die Protea Aftree-oord Heuwelsig in Centurion opgetree.

Dit was nie 'n gewone optrede nie. Om Led Zeppelin se Kashmir by 'n aftree-oord te speel vir 'n vol saal inwoners is nie die gewone tipe optrede nie.

Om dan 'n staande applous te kry is nog selfs meer ongewoon. ... so ook die Encore!

Maar dit is presies wat met vanmiddag se optrede gebeur het!

As ek dit nie met my eie oë gesien het nie het ek dit waarskynlik nie geglo nie maar ek was bevoorreg om dit te kon beleef.

 Aan  die inwoners van Heuwelsig Afree-oord in Centrurion;  "Respect Man!  [people]....."  































































 

 






Ontmoet Johanna

Johanna is die busbestuurder wat al vir baie jare saam met die orkes toer en na optredes gaan. Van al die busbestuurders oor die jare was sy die een persoon wat diep in die harte van elke orkeslid, onderwyser en ouer se harte ingekruip het. As ek my kinders in iemand se hande moet vetrou op die pad is daar niemand anders wat ek meer vertrou as Johanna nie. 

Johanna is die persoon wat saam met ons gaan toer later in die jaar. Ouers kan nie vir iemand beter vra om ons kinders af te neem Kaapstad toe en hulle weer veilig terug te bring Pretoria toe nie. 

Johanna is deel van die Klofie-orkes se ondersteunigsgroep wat in die agtergrond hard werk om die orkes te laat presteer soos ons weet hulle kan.  

Dit was lekker om jou weer vandag saam met ons daar te hê!



No comments:

Post a Comment