Friday 21 November 2014

Tyd om 2014 te begin afsluit ...

Dit is al amper tyd om kersinkopies te begin doen en die jaar af te sluit. Dit was een van die vreemdste jare in die 10 jaar wat ons by die orkes betrokke was maar dit is lekker om nou terug te kyk na die pad saam met die orkes hierdie jaar.   Nog nooit was twee jare dieselfde nie en volgende jaar sal sekerlik nie anders wees nie.

Om 'n orkesouer te wees is nie maklik nie. Jy moet maar eenvoudig (figuurlik gesproke) op die bus klim en kyk waar die pad jou vat.  Dit is waarom ek kon identifiseer met Kaleidoskoop hierdie jaar- hulle klim op die bus en kyk waar die pad uiteindelik uitkom - dit is nie die eindbestemming wat belangrik is nie maar die manier hoe hulle daar gekom het wat die beste stories vertel.

As jy 'n passie het vir musiek dan klim jy maar net op die bus en kyk waar die pad jou vat! - sterkte  vir alle orkesouers volgende jaar!   ;)


No comments:

Post a Comment