Wednesday 26 November 2014

Einde van 'n Era: Klofie-orkes saam met Kaleidoskoop - Billy Jean (Video)

Op 18 Oktober 2014 het die Klofie-konsertorkes saam met Kaleidoskoop opgetree in die Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk Ouditorium as deel van die Pryswennerskonsert/Gala-aand vir hierdie jaar.  Om die standaard te handhaaf wat hierdie jaar se orkes behaal het gaan nie maklik nagedoen word in die nabye toekoms nie maar dit is volgende jaar se probleem.

Hier is die lang verwagte "live" video-opname van die stuk "Billie Jean" van Michael Jackson saam met een van die beste Afrikaanse musiekgroepe tans in Suid-Afrika - "Kaleidoskoop".


Die video is ook op YouTube beskikbaar by: 


Die DVD is beskikbaar en diegene wat reeds bestel het kan vir Jaco kontak om hul DVD's af te haal.

No comments:

Post a Comment