Friday 23 May 2014

KONSERTORKES REËLINGS 23 Mei 2014

Geagte ouers.

Gun my asseblief die geleentheid om as Direkteur Kultuur (die konsertorkes val onder my portefeulje) ‘n paar woorde met u te wissel.

Die Innibos Kunstefees is om die draai en daar is nog baie wat gedoen moet word voor die toer. 
Om betyds gereed te wees MOET ons nou elke naweek oefen.  Ek glo dat u dit sal verstaan en dat u ons hiermee sal ondersteun. Ons oefen al die afgelope 10 jaar gedurende eksamentye slegs naweke – met groot sukses.  Ondersteun ons asseblief hierin want ons het u en u kind se hulp en ondersteuning 100% nodig.

    1.     AFRIGTER

Dit is dan nou so dat die orkes op die oomblik sonder ‘n afrigter is.  Ek gaan intussen instaan as die skakelpersoon totdat die nuwe afrigter heel moontlik al volgende week, aangestel sal word deur die hoof. Eerskomende naweek se oefening sal dus voortgaan sodat die orkes kan begin voorberei vir die Innibos Internasionale Kunstefees (sien punt 5.).

Die hoof is besig om persone te kontak om oor te neem as afrigter.  Sodra die hoof die aanstelling gemaak en my ingelig het, sal ek u op hoogte bring.

Ek wil dit ook baie duidelik stel dat ek nie beskikbaar is om weer as afrigter oor te neem nie.  Ek gaan die nuwe afrigter mentor om in te burger en seker te maak hy het die kinders se belange op die hart en werk op bestaande werkswyses.  Die konsertorkes is my verantwoordelikheid as Direkteur Kultuur.

    2.     OUERVERGADERING

Ek wil u versoek dat ons asseblief eerskomende Donderdagaand om 19:00 in die ouditorium / personeekamer sal vergader om die toekoms van die orkes te bespreek en moontlik die nuwe afrigter te ontmoet.  U almal se teenwoordigheid sal werklik hoog op prys gestel word. Ons sal dan oor die volgende praat:

a.       Oefenprogram vir Innibos
b.      Reëlings en program vir Innibos
c.       Ouerbetrokkenheid

    3.     OEFENPROGRAM

Die oefenprogram is nou van kardinale belang.  Kan ons asseblief hou by die reëling dat die orkes van nou af elke naweek oefen tot en met die toer.  Gedurende die week moet die kinders studeer vir die eksamen.  Elke kind se teenwoordigheid is uiters noodsaaklik.  Ek wil versoek dat die oud-orkeslede hul SA-program van 2013 sal afstof en sal inoefen.

Daar is NIE hierdie naweek oefening of Eisteddfod nie.  Die oefeninge begin aanstaande naweek Vrydag (14:00 – 21:00) en Saterdag (08:30 – 17:00).

Die etereëling sal wees soos in die verlede.  Elke kind sit sy/haar R60etegeld in ‘n koevert met naam op en betaal die geld direk in by Mev Anneke Vermaak.  Ek verneem ook dat daar ongelooflik baie etegelde uitstaande is.

Mev. Vermaak het u hulp dringend nodig met die help van kos voorberei, opskep ens.  Indien u bereid is om haar te help, skakel haar dringend.

Indien u kans sien om die kinders bietjie te bederf met hot chocolate, lang lewe melk en beskuit, kontak asb ook dringend vir Anneke.

     4.     INNIBOS KUNSTEFEES


 Kliek op my ....


Innibos Kunstefees gaan defnitief voort.  Ek glo dat die orkes met harde werk sal kan voorberei.  

Ek wil u dringend versoek om die R3000 toergeld so gou moontlik by die skool in te betaal.

Die voorlopioge repertoire vir die konsertorkes vir die Innibos Kunstefees sal dus soos volg wees:

a.       Winter Games
b.      Hey Jude
c.       Michelle met 2 backtracks
d.      Lemon Tree
e.      Africa
f.        Cariné met 2 backtracks
g.       Angels
h.      Best of Andrew Lloyd Webber
i.         Five Star Melody

Die reëling met die organiseerders vir Innibos Kunstefees was dat ongeveer 2 tot 3 individuele musikante by die La Villa Vita Klassieke Keur gaan speel.  Ek het destyds Michelle en Cariné se name deurgegee en dit was so aanvaar.  Hier twee moet baie vinnig direk na afloop van die orkesoptrede vervoer word na La Villa Vita.  Daar is nie tyd om ‘n groep te neem nie.

Kan u my asseblief dringend laat weet wie gaan saam kunstefees toe.  

Ons het u hulp nodig en wil graag op u knoppie druk. 

Ek sal volledige terugvoer aan u gee tydens die oueraand.

Vriendelike groete.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faks:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment