Monday 26 May 2014

Epos 2: 26 Mei 2014

Geagte ouers.

Hier volg die detail Program vir die Week.  Ek versoek al die leiers se ouers om hierdie program vir u kind uit te druk.  Al die leiers moet met hul uitdruk in my klas wees Donderdag pouse:

LEIER AAN DIENS:  CARINé KRUGER

        1.        DINSDAG, 27 MEI:

14:00     Orkeslede eet en verhoog word uitgepak. Hou asb skoolklere aan. Ons het ‘n besoeker.

14:30     Orkesoefening begin onder leiding van die hoofleier, Lumar Schutte:
                Opening               Hoofleier Lumar Schutte
                Afkondigings      Hoofleier Lumar
                Opwarming        Konsertmeester Cariné

14:45     Oefening:  Five Star Melodies.
Die oefening word waargeneem deur Kol. Matthys Pienaar, verwerker van die Five Star Melodies.  Kolonel Pienaar is die Direkteur Musiek van die Suid-
Afrikaanse Lugmag en ook die dirigent van die Lugmagorkes.

17:30     Afsluiting en oppak van verhoog.
               
     2.     DONDERDAG, 29 MEI

14:00     Orkeslede eet en verhoog word uitgepak.

14:30     Orkesoefening begin onder leiding van die hoofleier, Lumar
                Opening               Leier aan Diens:  Cariné Kruger
                Afkondigings      Hoofleier Lumar Schutte
                Sorteer bladmusiek van 2013 uit o.l.v.  Michelle Hartzenberg
                Opwarming        Konsertmeester Cariné Kruger

14:45     Oefening:  2013 se musiek o.l.v. Mnr Danie Smith, konsertmeester en seksieleiers.
                Lemon Tree
                Africa

17:00     17:00 – 17:15      Hoofleier aan die woord:  WAT WORD VAN JOU VERWAG TYDENS ‘n UITPAKINSPEKSIE.
                17:15 – 17:30      Seksieleiers bespreek die inspeksie met hul seksielede
(onthou om ‘n handoek saam te bring waarop jou instrument op uitgepak moet word).

17:30     Afsluiting en oppak van verhoog.

19:00     Oueraand in die ouditorium.

     3.       NAWEEKOEFENING:  30, 31 MEI 2014


DAG
TYD
BESKRYWING
Verantwoordelike
persoon
Vrydag
14:00 – 14:20
Orkeslede trek uit, eet, pak verhoog reg en maak gereed vir uitpakinspeksie.
Lumar & Leier aan Diens
14:30 – 15:00
Uitpakinspeksie
Lumar, Cariné & Mnr. Smith
15:00 – 21:00
Opening op verhoog.
Afkondigings.
Verdeel in seksies:
Hey Jude
Lemon Tree
Africa
Angels
AL Webber
Leier aan Diens
Hoofleier Lumar
Cariné en seksieleiers
18:00 – 18:30
Aandete
Tafelgebed:  Alex
18:30 – 21:00
Oefening gaan voort op die verhoog:
Five Star Melodies
Lemon Tree
Africa
Angels

21:00
Afsluiting
Leier aan Diens
Saterdag
08:00
Ontbyt tuis. Slegs koffie in personeelkamer (HELLLLLP – beskuit…)
Lede wat inspeksie gedruip het, maak gereed vir inspeksie.
Mev Anneke Vermaak
Mnr Smith en Lumar

08:30 – 09:00
Opening
Afkondigings
Opwarming en stem


09:00 – 13:00
Inoefen van:
Winter Games
Hey Jude
Lemon Tree
Africa
Angels
AL Webber
Five Star Melodies

Oom Terrence







11:00 – 11:30
TEE & VERJAARSDAGKOEK
Men. Anneke Vermaak en span

11:30 – 17:00
Inoefen van volledige repertoire:
Winter Games
Hey Jude
Michelle met backtrack
Cariné met backtrack
Lemon Tree
Africa
Cariné met backtrack
Michelle met backtrack
Angels
AL Webber
Five Star Melodies

Mnr Smith


Oom Jannie
Oom Jannie


Oom Jannie
Oom Jannie


17:00
KONSERT VIR OUERS
Mnr Smith

17:30 – 19:00
BRING EN BRAAI KUIERAAND (sien aangehegte uitnodiging)
Ouers

Ons het ‘n tradisie gehad dat almal wat verjaar bring tydens naweekoefeninge altyd koek.  Kan ons dit asb weer terig bring?  Kan u wie se kind gedurende Januarie tot einde Mei verjaar het, my asb kontak.  Eerstens wil ek weet watter kinders dit is sodat ons die hoeveelheid verjaarsdae kan bepaal en ook dat elke kind net ‘n bietjie koek bring en nie almal vir 40 bring nie! J  U staan onder GEEN verpligting nie.  Al wat ek vra is dat u my laat weet wie het verjaar en of u bereid sal wees  om koek of enige iets lekkers te stuur vir Saterdagoggend se teetyd.

Ouers, hierdie is ‘n nuwe begin vir die orkes.  Wees asseblief deel van die nuwe begin en wees asseblief betrokke!!

Groete!!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faks:  086 512 8755











No comments:

Post a Comment