Geagte
Ouers.
Ek
hoop dit gaan nog goed met julle almal!!
Ek
wil net terugvoer aan julle gee na aanleiding van ons oueraand verlede week.
1. KAAPSE TOER
2013
1.1
Die
terugvoer uit die Kaap lyk op hierdie stadium baie belowend. Ons het die
volgende uitnodigings waaraan ek nou werk:
1.1.1
Knysna Oesterfees: Optrede op Saterdag en Sondag 6 & 7 Julie.
6 Julie by die Woodmill Lane en 7 Julie by die Waterfront
saam met die Vlootorkes.
1.1.2
Suid-Afrikaanse Vlootorkes Meestersklasse: Kommandeur Kenny Leibbrandt
het klaar die meestersklasse goedgekeur en ek het reeds die aansoek by Hoof van
die Vloot ingedien. Ek wag vir terugvoer.
1.2
Ek
wag nog vir die kwotasies vir verblyf en vervoer. Ek glo alles sal teen
einde Januarie gereed en afgehandel wees. Die kwotasies hang ook af van
ons getalle. Die nuwe lede moet nog eers bygewerk word.
1.3
Ek
het navrae van ouers gehad of ouers weer kan saam toer. Ek het geen
probleem indien ouers alles hul eie reëlings tref vir vervoer en verblyf
nie. Ek gaan geen voorsiening maak vir ouers by die kinders en in die bus
nie.
2. BUITELANDSE
TOER 2014
Ek
is nog besig om te soek na ‘n gepaste kompetisie waaraan ons kan gaan deelneem
vir Julie 2014. Daar is onder andere ‘n wonderlike kompetisie in
Disneyworld… J
♫
Hou
hierdie spasie dop…
3. NUWE LEDE
2013
Ons
het in alle seksies nuwe lede nodig, behalwe by die klawers, kitare. By
perkussie is daar 2 plek oop vir 2 leerders wat baie goed dromme kan speel om
die Timpani’s by Estiaan en die perkussie-instrumente by Lumar einde 2013 oor
te neem. Verder benodig ons baie leerders in alle ander seksies.
Dit is net die kitare, klawers en perkussie waar dit of vol is of waar daar
spesifieke vereistes is.
Ons
huidige orkeslede mag in Januarie van instrumente verwissel maar moet onthou,
hulle word dan onder dieselfde kam geskeer as die nuwe lede wat dan begin – hul
het geen voordeel nie. Die eerste naweek in Februarie word al hierdie
kinders gekeur en die beste een kry die posisie. Indien u weet van
kinders wat ons kan nader – laat weet my asseblief.
Die
kandidate wat oorweeg word vir konsertmeester is: Annette, Jacques, Ian
en Michelle. Die konsertmeester word ook gedurende hierdie naweek
aangekondig.
4. ABRAM KRIEL
KINDERHUIS
Ek
wil ook net weereens baie dankie sê aan al ons ouers en ook ons orkesvriende
wat gehelp het om persente vir meer as 90 kinderhuikinders te koop. Ek
waardeer u elkeen se bydrae ongelooflik baie. Baie dankie aan u wat u
werksmense ook opgekommandeer het om hierdie projek te ondersteun. Dra
asseblief ook my dank en waardering aan hulle oor.
Ek
heg foto aan wat Estiaan geneem het die dag toe die leiers die persente moes
gaan aflewer (maar COSATU het die snelweg geblok en toe kon ons nie ry nie!!).
Seënwense
vir u almal!!
Groete.
Danie
D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer: 082 853 8698
Telefoonnommer (skool): 012 – 347 0277 X 130
Faksnommer: 086 512 8755
No comments:
Post a Comment