Monday 19 November 2012

KERSSANGDIENS


Geagte ouers.

1. KERSSANGDIENS

Graag deel ek die volgende met u rakende ons Kerssangdiens:

1.1 Ons kan nie eerskomende Vrydag in die saal of by die kerk oefen nie a.g.v. die matrieks wat tot 17:00 skryf en die orrelis wat saam ons moet oefen, kan ook nie.
1.2 Die orkeslede moet asseblief Sondag 14:00 by die kerk wees sodat ons kan opstel en 14:30 kan begin opwarm en saam met die orrelis kan oefen.  Ek besef dis ontwrigtend vir u Sondag, maar ons het geen keuse nie.
1.3 Die orkeslede kom klaar met hul SA-kleure aangetrek 14:00 kerk toe.
1.4 Ons neem ook Sondag by die kerk ons foto met ons SA-kleure.
1.5 Die diens begin 18:30.  Wees vroeg om ‘n sitplek te kry – die kerk is gewoonlik baie vol.  Ons begoort teen 20:00 klaar te wees.


2. V.S.A. TOER

Ek het nog steeds nie die kwotasie ontvang nie.  Die probleem is in Amerika, maar ons het aan hulle ‘n ultimatum gestel en gesê dat indien ons nie teen die einde van hierdie week die kwotasie het nie, ons nie meer in die toer belangstel nie.  Ek wil u vriendelik versoek om asseblief Maandagaand oop te hou vir ‘n moontlike vergadering om die toer te bespreek en ‘n besluit te neem.


3. KINDERHUISGESKENKE

Vriendelik versoek ek u om asseblief te hou by die afsnydatum om die kinderhuis se geskenke by my af te lewer.  Die laaste dag is Maandag 3 Desember.  Indien u nog wil betrokke raak, daar is nog geweldig baie openinge by die huise se wenslysies.  Kyk asseblief daarna ek laat weet waar u kan help.


Groete!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment