Foto geneem deur Jacques Botha
Pages
- NUUSBLAD
- The Musician's Prayer
- ORKESDRAG VIR ALLE OPTREDES
- VIDEOS
- VRIENDE VAN DIE ORKES
- Europa Toer
- Kaapse Toer 2011
- HahnBacher Marktbläser Visit 2011
- Groton High School , USA Visit to South Africa
- ORKESKAMP 2012
- INNIBOS 2014
- The Truth About Orchestral Players
- Individuele foto's: Klofie-Orkes 2014
- JAARPROGRAM: Aug-Des 2015
Thursday, 29 November 2012
Wednesday, 28 November 2012
Monument Park NG Gemeente Kerssangdiens 25 November 2012
Die laaste Orkesoptrede van die jaar het Sondagaand by die NG Kerk Monumentpark plaasgevind. Daar is nie foto's tydens die diens geneem nie maar hier is die foto's wat die middag tydens die voorbereidings geneem is:
Monday, 19 November 2012
KERSSANGDIENS
Geagte ouers.
1. KERSSANGDIENS
Graag deel ek die volgende met u rakende ons Kerssangdiens:
1.1 Ons kan nie eerskomende Vrydag in die saal of by die kerk oefen nie a.g.v. die matrieks wat tot 17:00 skryf en die orrelis wat saam ons moet oefen, kan ook nie.
1.2 Die orkeslede moet asseblief Sondag 14:00 by die kerk wees sodat ons kan opstel en 14:30 kan begin opwarm en saam met die orrelis kan oefen. Ek besef dis ontwrigtend vir u Sondag, maar ons het geen keuse nie.
1.3 Die orkeslede kom klaar met hul SA-kleure aangetrek 14:00 kerk toe.
1.4 Ons neem ook Sondag by die kerk ons foto met ons SA-kleure.
1.5 Die diens begin 18:30. Wees vroeg om ‘n sitplek te kry – die kerk is gewoonlik baie vol. Ons begoort teen 20:00 klaar te wees.
2. V.S.A. TOER
Ek het nog steeds nie die kwotasie ontvang nie. Die probleem is in Amerika, maar ons het aan hulle ‘n ultimatum gestel en gesê dat indien ons nie teen die einde van hierdie week die kwotasie het nie, ons nie meer in die toer belangstel nie. Ek wil u vriendelik versoek om asseblief Maandagaand oop te hou vir ‘n moontlike vergadering om die toer te bespreek en ‘n besluit te neem.
3. KINDERHUISGESKENKE
Vriendelik versoek ek u om asseblief te hou by die afsnydatum om die kinderhuis se geskenke by my af te lewer. Die laaste dag is Maandag 3 Desember. Indien u nog wil betrokke raak, daar is nog geweldig baie openinge by die huise se wenslysies. Kyk asseblief daarna ek laat weet waar u kan help.
Groete!
Danie
D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer: 082 853 8698
Telefoonnommer (skool): 012 – 347 0277 X 130
Faksnommer: 086 512 8755
Thursday, 15 November 2012
Klofie Konsertorkes Optrede: 25 November 2012
Die Klofie Konsertorkes tree op by die NG Kerk Monumentpark se kerssangdiens.
TEMA: IMMANUEL: GOD IS MET ONS!
Kom geniet 'n wonderlike Kerssangdiens saam met die Klofie Konsertorkes, gemeente en kinders.
Toccata, Also Sprach Zarathustra as inleiding en kom sing saam: Al was ek nie daar nie, O, Christus ons verlange, Die Heiland is Gebore, Hierdie Heilige Nag, Hierdie kind, Sy Naam is Wonderbaar, Soos die Herders, Herders op die ope velde, Stille Nag, Welkom, O stille nag van vrede en nog vele meer.
PLEK: NG Kerk Monumentpark, Hoek van Eland en Okapistrate, Monumentpark.
DATUM: 25 November 2012
TYD: 18:30
TEMA: IMMANUEL: GOD IS MET ONS!
Kom geniet 'n wonderlike Kerssangdiens saam met die Klofie Konsertorkes, gemeente en kinders.
Toccata, Also Sprach Zarathustra as inleiding en kom sing saam: Al was ek nie daar nie, O, Christus ons verlange, Die Heiland is Gebore, Hierdie Heilige Nag, Hierdie kind, Sy Naam is Wonderbaar, Soos die Herders, Herders op die ope velde, Stille Nag, Welkom, O stille nag van vrede en nog vele meer.
PLEK: NG Kerk Monumentpark, Hoek van Eland en Okapistrate, Monumentpark.
DATUM: 25 November 2012
TYD: 18:30
Wednesday, 7 November 2012
Sunday, 4 November 2012
Subscribe to:
Posts (Atom)