Sunday 6 September 2015

Kaapse Toer en SA's 2015: Net Om die Draai


Die SA's en Kaapse Toer is om die draai.  Ons bly by Picardie Guest Farm vir die duur van die toer. Dit lyk asof die toer op 'n hoogtepunt begin as mens na die verblyf kyk.  

Hierdie is een van die kortste toere wat ons die afgelope paar jaar onderneem het maar die program is so saamgestel dat daar hierdie jaar ook genoeg tyd vir 'sports' is (die woord "pret" doen dit nou maar net nie vir my nie).  

Na die geweldige druk van die SA's kompetisie word daar Sondag 'n bootrit in Houtbaai beplan en die aand tree die orkes op by die V&A waterfront. 

Maandag is dit 'n kort besoek aan die Taalmonument en die res van die dag op die strand by Bikini Beach in Gordonsbaai (met moontlike informele optrede die aand wat nog bevestig moet word). 

Dinsdag is dit Ratanga Junction en wanneer ons terugkom by die gastehuis is dit tyd vir die kuier van alle kuiers.  Hoe langer die kuier aanhou hoe beter want Woensdag vertrek ons terug huis toe en die wat moeg is kan in die bus slaap - dan is die pad soveel korter. 


Die meisies se kamers
Seuns se kamers 


Seuns se blyplek

Uitsig vanaf sommige suites


Die kuierplek


Eetsaal

Stoep voor die braaiplek


Piekniek as die weer dit toelaat
Die kelder waar die klere gestryk gaan word voor die SA's


Kaap van storms maak gereed: Die Klofie-tornado is op pad!


No comments:

Post a Comment