Wednesday 14 January 2015

Klofie-Orkes 2015: "A Running Start..."

Hierdie video word op versoek weer geplaas. 

Dit wys op watter ongelooflike hoogtepunt 2014 afgesluit is.  Die orkes sal moet uithaal hierdie jaar om steeds die toonaangewende skoolorkes in die land te bly.  Maar dan het hulle dit al vir elf jaar lank in 'n ry gedoen, so as hul by die wenresep bly mag hierdie jaar dalk net so spesiaal wees!

Kaleidoskoop is tans een van die mees professionele en suksesvolste musiekgroepe in die land (beste Afrikaanse musiekvideo 2014 - "Roadtrip").  

Kaleidoskoop was bereid om die kans te waag om saam met 'n skoolorkes op te tree en die resultaat was 'n uiters suksesvolle aand van musiek en humor (met Juba se vlymskerp humorsin). 

Kom ons begin 2015 met 'n "running start" met hierdie hoogtepunt van 2014. Sit terug,  sit jou oorfone op of speel die video deur 'n goeie klanksisteem met die volume oopgedraai en geniet hierdie unieke musiekvideo van die Klofie-konsertorkes saam met Kaleidoskoop:

Sterkte Klofie-orkes vir die uitdagings van 2015!


No comments:

Post a Comment