Tuesday 8 October 2013

Afskeidskonsert en Reunie: "The Final Countdown"

BAIE GELUK MAESTRO DANIE: 

JOU DROOM IS BEWAARHEID.

DIE ZK MATTHEWS OUDITORIUM BY UNISA, 
WAT 'N 1000 MENSE KAN AKKOMMODEER,

 IS UITVERKOOP!  
(EN 30 EKSTRA STOELE WORD INGEDRA!!)





Geagte ouers.

Hier is die reëlings vir die res van die week:


DAG
DATUM
TYD
BESKRYWING
Donderdag
10 Oktober
14:30 – 17:30
Finale oefening voor Gala-aand:
14:30 – 16:30    Hele konsertorkes
16:30 – 17:30    Ligte Musiekensemble
Vrydag
11 Oktober
14:00 – 17:00




18:30

19:00
Kleedrepitisie by UNISA.
Bus vertrek direk na skool en ons sal poog om 17:30 terug te wees by die skool.

Bus vertrek na dinee.  Kleredrag – baie netjies.
Afskeid- en reuniedinee by Laughing Chefs.
Saterdag
12 Oktober







11:30



13:00



17:00

17:30 – 18:00

18:30
Na die konsert
AFSKEIDSKONSERT EN REUNIE:

·         Kinders eet middagete tuis.  Pak asb vir u kind water, koeldrank en versnapperinge in.

Meisies doen hare in my klas.  Orkeslede kom met orkeshempie en denim by die skool bymekaar.
Pak bus en vertrek.
Finale kleedrepitisies en algemene reëlings vir ontvangs van gaste ensovoorts.
Ete

Reunie kleedrepitisie
Ontvang gaste
Konsert begin
Opruiming


Ek wil asseblief die volgende versoek:

     1.      Daar is glad nie meer kaartjies oor vir Saterdagaand nie.  Indien u kaartjies gekoop het wat u nie meer gaan gebruik nie, kontak dringend vir Nana Cilliers.  Daar is al ‘n waglys vir kaartjies!!  J

     2.    Goeie nuus!!!  Die gedenkblad propvol foto’s van die afgelope 10 jaar is in wording en sien die naweek by ons konsert die lig.  Laat weet asb u gaste dat daar ‘n beperkte getal gedenkblaaie te koop sal wees teen R60 per gedenkblad (bring korrekte bedrag geld saam).  Hierdie blad gaan net met kontant in die hand by die konsert te koop aangebied word.  U kan self vooraf met Susan Tredoux praat indien u u blaaie vooraf wil koop. 

     3.    Daar word  ‘n baie spesiale en professionele dvd opname van die aand gemaak.  Bestellings word gedurende die konsert by die kiosk geplaas.  Die dvd word teen R150 per dvd verkoop.

     4.      Ons het pakkette vir u en u gaste saamgestel teen R200 per pakket wat dan die dvd en gedenkblad insluit.  Bestelllings sal by die kiosk gedurende die Gala-aand geneem word.

     5.      Die oefeninge van Donderdag en Vrydag is absoluut noodsaaklik vir ons.  Daar is so baie reëlings om te tref ensovoorts.  Indien u kind nie die oefeninge kan bywoon nie, kan u kind ongelukkig nie Saterdagaand optree nie.  Dit is noodsaaklik dat elke kind teenwoordig is.  Verhoogplasings word gedoen ens.

     6.      Die meisies moet Saterdag almal 11:30 in my klas wees.  Bring eie middagete saam.

     7.      Ons gaan Saterdagmiddag laat vir die orkeslede ‘n aandete gee. Elke kind moet asb Donderdag R40 by Michelle inbetaal.

     8.    Ouers, ons het ‘n probleem met die seuns se konserthemde asook die SA-hemde.  Dit het gedurende die SA’s heeltemal deurmekaar geraak.  Kyk asseblief of u seun sy eie hemde het. Stuur alle verkeerde hemde more vir my skool toe sodat ons dit teen Donderdag uitgesorteer kan hê.

     9.      DRINGEND:  Daar is nog steeds kinders wat nie hul eregaste en BBP-gaste geskakel het i.v.m. ons konsert Saterdagaand nie en nou moet hul hul oproepe opvolg. Help asseblief u kind om nou die opvolgoproep te doen.  Hul moet nou die volgende deurgee:

a.     Eregaste:  Arriveer 17:45 op die stoep by die ZK Matthews Ouditorium.  U kind sal daar wag met ‘n plakkaat met die eregas se naam op.  U kind ontvang die eregas daar en neem die eregas na die lokaal waar hul ligte verversings sal geniet.  U kind oorhandig ‘n kaartjie met hul sitpleknommers daarop – onthou, die eregaste het nie hul sitpleknommers nie!  Lig ook die eregast in dat hy/sy gedurende puose na dieselfde lokaal moet gaan vir ligte verversings.

b.     BBP-gaste:  Arriveer 18:00 op die stoep by die ZK Matthews Ouditorium.  U kind sal daar wag met ‘n plakkaat met die BBP-gas se naam op.  U kind ontvang die BBP-gas daar en neem die gas na die foyer waat hul sjerrie saam met die res van die gaste geniet.  U kind oorhandig ‘n kaartjie met hul sitpleknommers daarop – onthou, die BBP-gaste het nie hul sitpleknommers nie!

c.     Indien u kind NIE meer weet wie sy/haat gas is nie, moet hulle my dadelik kontak.  Hierdie oefening moet asseblief teen Donderdagaand afgehandel wees.  Die gaste skakel aanhoudend om hierdie inligting te kry.

d.     Sodra u kind sy/haar gas geskakel het, moet hulle my dadelik laat weet sodat ek dit kan afmerk.

     10. ‘n Baie vriendelike en dringende versoek.  Daar is ELKE jaar groot ongelukkigheid na die konsert met die opruiming.  Ouers, hierdie storie is nou al holrug gery en steeds is daar ouers en kinders wat hulle nie daaraan steur nie.  Dit is ons almal se aand en ons ALMAL gaan teen die einde van die aand doodmoeg wees.  AL die kinders moet na die tyd bly om op te ruim.  U kan uself indink, daar is ‘n magdom goed om gedoen te word en dis darem bitter onregverdig van sommiges van u om dood eenvoudig net u kind te vat en te ry.  Moet dit asseblief nie doen nie.  U behoort te weet dat ons almal gaan moeg wees.  Ons almal wil vinnig by die huis kom.  Ons almal het mense om af te laai ens. ens. ens.  Kom ons (ouers en kinders) help om na die tyd op te ruim – ons almal deel tog saam in die groot aand.  Ek versoek ook u hulp met die opruim na die tyd, dis die oiuditorium, voorportaal, opwarmingslokale ens. ens. ens.  Ek gaan die kinders wat vroeg loop, baie baie swaar straf met die debietstelsel, en hulle moet dan nou maar kwaad wees. Ek gee nie om nie, ek het ‘n verantwoordelikheid teenoor die werkesels wat altyd bereid is om te help!!  HELP ASSEBLIEF!!!!!!

     11. Hier onder volg die boodskap wat Marli op die web geplaas het i.v.m. Vrydagaand se dinee.  Indien  u enige vrae het, kontak haar direk.  Ek reël ‘n skoolbus vir my en ons orkeslede wat gaan.  Die bus sal 18:30 by die sportburo ry.  Daar is nog steeds plek vir kinders om te gaan – u moet net vir Marli laat weet asb.  Onthou dat alle R150’e  op die laatste teen Dinsdagaand elektronies inbetaal word – MOET NIE DIE GELD BY DIE SKOOL OF BY MY INBETAAL NIE (sien onder):


Hallo almal

Ek kan nie glo dis nou al so naby aan die reunie nie! Kan nie wag nie. Net n paar finale reelings - hou asseblief ook julle emails dop vir addisionele inligting. DIS BAIE BELANGRIK!!!

AL die kaartjies vir die konsert is uitverkoop!!! Dit gaan ongelooflik wees. Daar is ook heelwat van julle wat aangedui het dat julle die dinee gaan bywoon Vrydagaand. Die reelings is as volg:

Datum: 11 Oktober
Tyd: 18:30 vir 19:00
Drag: Formeel
Betaal asb elektronies die geld op die laatste Dinsdagaand 23:00.


Die spyskaart is as volg:

Voorgereg - Canapès
Hoofgereg - Lamskenkel op polenta bedien met gemengde groente
Nagereg - n Trio van malvapuding, sjokolade mousse en crème brulee.

Ons moet VOOR MAANDAG finale getalle aan die venue deurgee en jou kaartjie moet TEEN WOENSDAG betaal wees in die onderstaande rekening. ONTHOU om jou naam en "orkes dinee" as verwysing te gebruik.

Daar sal n kontant kroeg beskikbaar wees vir koeldrank en kaartjies is R150 pp.
Laat weet my asseblief dringend as jy besluit om te kom. Kan nie wag om almal te sien nie. 

Marli
Cell:  072 763 2168


Rekening besonderhede:

Bank: FNB

Rekening nommer: 62203576840

Tak kode: 230732

Verwysing: Jou naam + orkes dinee

Vriendelike groete!!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment