William Bishop kan op hierdie foto gesien word waar hy iets aanvang met die tromboon wat ek nooit geweet het jy kan doen met 'n tromboon nie. !!
Nadat William die orkeslede op die verhoog gehelp het, het hy een van die kinders se trombone geleen en losgetrek met 'n tromboonsolo wat die hele orkes se asems weggeslaan het. Niemand het besef dat 'n tromboon so goed kan klink nie. 'n Rockster wat tromboon speel? Dit kom toe uit dat William Bishop, van "Punk Rock Reggae Misfits", 'n MEESTERSGRAAD in musiek het, met tromboon as instrument!
William, dankie vir jou belangstelling en bereidwilligheid om jou kennis en ervaring te deel met die Rock Band. Julle het verseker 'n hele paar nuwe volgelinge.
No comments:
Post a Comment